3 boeties wat verbrand glo “geen ongeluk”

Die huis wat Woensdagoggend afgebrand het Foto: EWN

Polisie sê die brand waarin drie boeties Woensdagoggend gesterf het, was geen ongeluk nie.

Robert Mulaudzi van die Johannesburgse nooddienste sê die drie boeties het Woensdagoggend omstreeks 01:00 in hul huis in Zola, Soweto verkool, berig EWN. Hul pa het glo petrol op die huis gegooi ná ‘n huishoudelike onderonsie. Die verbrande huis is nou ‘n misdaadtoneel.

Een van die bure het gesê sy het tydens die stryery met sy vrou Dinsdagaand gehoor hoe die man dreig dat hy die huis sou afbrand. Die ooggetuie sê hulle het later die vlamme gesien en na die huis gehaas. Bure het die deur afgebreek en die vuur probeer blus. Philane (10), Zanele (8) en Mpumi Radebe (3) het al drie in die brand omgekom. Hul ouers het ernstige brandwonde opgedoen en is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.

Die pa sal moontlik in hegtenis geneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.