3-D fotografie vir vloedimpak ingespan

Nuwe draagbare tegnologie word ingespan om in ‘n ommesientjie driedimensionele opnames te maak van die skade wat verlede week deur orkaan Isaac oor dele van die VSA aangerig is.

Die Amerikaanse Geologiese Opname (USGS) sê dié tegnologie sal baie help om swakplekke te identifiseer in die maatreëls wat teen die storm getref is, soos om vloedhoogtes en die gedrag en impak van die vloede te bepaal.

So sal behoorlike voorsorg in die toekoms getref kan word. Die opnames word gemaak in Louisiana, Mississippi en Alabama  waar Isaac sy verwoestende spoor die ergste gelaat het.

“’n Foto sê meer as ‘n duisend woorde, maar die nuwe tegnologie, bekend as T-lidar, vertel meer as ‘n miljoen woorde,” aldus Linda McNutt, die hoof van die USGS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.