3-jarige verdrink byna by vakansieoord

ʼn Driejarige seun is in ʼn ernstige toestand nadat hy byna oor die naweek in Uvongo, KwaZulu-Natal, verdrink het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, sê die gesin was by ʼn vakansieoord toe die voorval plaasgevind het. “Die ouers het die seuntjie in die swembad sien dryf en hom uitgehaal. Hulle het dadelik hulp ontbied en mond-tot-mondasemhaling begin toepas. Toe paramedici van Netcare911 op die toneel kom, het die seuntjie reeds begin asem haal. Hulle het by die ouers oorgeneem en gevorderde lewensondersteuning toegepas. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Netcare Margate-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.