3-jarige verdrink in Roodepoort, JHB

Argieffoto

‘n Driejarige seuntjie het Saterdag in ‘n swembad by ‘n huis in Roodepoort verdrink.

“Paramedici het vir ‘n uur lank gespook om die seuntjie te red, maar hulle pogings was onsuksesvol,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder vir die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Dit is die tweede voorval dié naweek. ‘n Tweejarige het Vrydag in Linden verdrink.”

Mulaudzi doen ‘n beroep op huiseienaars om seker te maak veiligheidsheinings bly gesluit en nette oor hul swembaddens te span.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

William ·

Kan nie dink dat dit nog steeds kan gebeur nie.Sal ons dan nooit uit ander se ondervinding leer nie Dit het mos al baie gebeur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.