3 mans glo oor ‘n plasmatelevisie vermoor

'n Forensiese span van die polisie op soek na bewyse buite die huis van 'n man van Khayelitsha wat Donderdag in verband met die moorde in hegtenis geneem is. Foto: Jason Boud

Die diefstal van ʼn plasmatelevisie het moontlik tot die dood van drie mans in Macassar, Kaapstad gelei, luidens ʼn berig Vrydag.

Die Cape Times het berig dat die mans Woensdagmiddag glo ontvoer en vir nege ure lank gemartel is deur lede van die gemeenskap wat hul vir die diefstal verantwoordelik hou. Die polisie in Macassar, wat geweier het dat hul name genoem word, het aan die dagblad gesê hulle het stokke gekry – wat as moordwapens gebruik kon word – sowel as ʼn plastiekhouer wat ʼn chemiese stof bevat en moontlik in die mans se kele afforseer is. Die liggame van Luxulo Mpontshane (25), Mabhuti Matinise (20) en Sivuyile Rota (28) is vroeg Donderdagoggend deur polisie op patrollie op die sandduine by Macassar opgespoor. Kaptein Frederick van Wyk sê die mans was vol merke en beserings. Hy sluit nie die moontlikheid dat die gemeenskap reg in eie hande geneem het, uit nie. Vier mense is sedertdien in hegtenis geneem op aanklagte van moord en ontvoering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.