3 polisiemanne sedert Sondag in Kaapstad doodgeskiet

ʼn Polisiebeampte van Kaapstad wat nie aan diens was nie, is Maandagaand verskeie kere by sy huis geskiet. Dit is die derde polisiebeampte wat sedert Sondag in die stad vermoor is.

Lt.kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê twee onbekende mans het omstreeks 21:00 aan die deur van die sersant se huis in Montclaire in Mitchellsplein geklop.

“Hulle het verskeie skote deur die deur op hom geskiet, toe hy die deur wou oopmaak. Hulle het die huis betree en aangedring op ʼn vuurwapen en ʼn kluis,” het Kinana gesê.

Die verdagtes het gevlug. Die sersant is op die toneel dood.

Die 34-jarige beampte was by die Philippi-Oos-polisiestasie gestasioneer. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof en moord.

Die ander twee polisiebeamptes is Sondag in twee afsonderlike voorvalle doodgeskiet.

ʼn 36-jarige konstabel is omstreeks 20:00 in Mitchellsplein geskiet terwyl hy aan diens was. ʼn Uur later is ʼn 40-jarige sersant by sy huis in Khayelitsha doodgeskiet, toe hy gereed gemaak het om te gaan werk. Niemand is nog in verband met dié voorvalle in hegtenis geneem nie. Lees meer hier.

Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, het Maandag ná die aanvalle Mitchellsplein besoek.

Hy het onder andere gesê die provinsie het die hoogste hoeveelheid aanvalle op polisiebeamptes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Dit is tog seker vanselfsprekend, want hoeveel kriminele word van oral aangery na Kaapstad om die hele provinsie vir die DA onregeerbaar te maak. Nou begin dinge anders lyk en die kriminele kannie onder beheer gebring word nie. Dit is net bitter jammer dat onskuldige manne in die polisie die prys moet betaal. Ek wonder net hoekom is ou Tony dinges se groot bek so stil, hoekom kom staan hy nie in vir die gemors nie. Miskien kan ‘n dwaal koeël hom sommer tussen die oë tref. Moenie vir ou Marius Fransman vergeet nie, sleep hom ook sommer saam.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.