3 vroue, 2 kinders verkool in Mpuma-ongeluk

Drie vroue en twee kinders het verkool toe ‘n voertuig in Nelspruit, Mpumalanga, ná ‘n ongeluk aan die brand geslaan het.

“Een kind op sy ma se skoot het tot só mate verbrand dat dit moeilik is om die kind se geslag of ouderdom te bepaal,” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, gesê.

Dit blyk dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en toe in ‘n boom vasgejaag het. “Mense is uit die taxi geslinger voordat dit in die boom vasgejaag het. Die voertuig het net daarna aan die brand geslaan en diegene wat in die wrak vasgekeer is, het verkool,” het Mabuza gesê.

Nege mense het oorleef. Twee is in ‘n kritieke toestand en sewe het slegs geringe beserings opgedoen. Dit is nog nie duidelik of die bestuurder oorleef het nie. Die taxi was glo op pad na Mosambiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.