30-jarige jaag teen 200 km/h in Wes-Kaap

Verkeersbeamptes in die Wes-Kaap het Maandag ʼn spoedvraat op die N1 aangekeer.

Die motoris is op die spoedkamera gevang waar hy teen 200 km/h in ʼn 120 km/h-sone naby die Klapmuts-afrit gejaag het, berig EWN. Kenny Africa, hoof van verkeer, sê die motoris sal van roekelose bestuur aangekla word. Die 30-jarige man het homself in Franschhoek aan die polisie oorhandig. Hulle is tans besig met die ondersoek.

Intussen het agt mense oor die afgelope naweek op die provinsie se paaie gesterf. Beamptes sê meer as 2 000 motoriste is oor die naweek tydens plakbokkades afgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.