30 KZN-babas dood aan diarree

Dertig babas is die afgelope twee maande in hospitale in KwaZulu-Natal dood weens diarree, het die Mercury Woensdag berig.

Die gebiede met die hoogste voorvalle is Inanda, Ntuzuma, uMlazi, Amoati, Mayville en uMbumbulu.

Sibongiseni Dhlomo, LUR vir provinsiale gesondheid, het ʼn beroep op nuwe ma’s gedoen om hul babas eerder te borsvoed as om hulle met bottels melk te gee om infeksie te voorkom. Volgens die Mercury het 1 735 babas die afgelope twee maande diarree opgedoen. “Die babas was almal jonger as een jaar oud en dus nie kinders wat al vaste kos soos phuthu, kerrie of rys eet nie,” het Dhlomo gesê.

Water is as ʼn oorsaak van die diarree uitgeskakel.

Dhlomo het aan die Mercury gesê alle babas wat met ʼn bottel gevoer is, is teen die Rotavirus ingeënt, maar in die helfte van die gevalle is die Rotavirus steeds in hul stoelgang opgespoor, wat aandui dat die babas nie op die inenting reageer het nie. Volgens Dhlomo is die tekort aan higiëne in huishoudings waar babaformule voorberei word, moontlik ʼn oorsaak.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.