30 seekoeie vrek in Krugerwildtuin

Argieffoto

Dertig seekoeie is onlangs in die Nasionale Krugerwildtuin dood.

Reynold Thakhuli, ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke), sê die karkasse is langs die Letaba- en die Olifantsrivier gekry.

ʼn Nadoodse ondersoek het bepaal dat hulle weens miltsiekte gevrek het. Miltsiekte is ’n spoorvormende bakterie (Bacillus anthracis) wat dodelik is vir diere en mense. Die bakterie word hoofsaaklik deur aasvoëls en brommers versprei. Veldwagters monitor die riviere om te probeer vasstel of nog diere gevrek het.

Besoekers word versoek om nie aan enige karkasse te raak nie. “As enigiemand ʼn dooie dier sien moet hulle dit by die naaste kamp aanmeld,” het Thakhuli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ilse ·

Eers die Bastergemsbokke nou die Seekoeie??????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.