300 neem deel aan Cosatu-betoging

Betoging op die snelweg Foto: Jacaranda FM (http://www.jacarandafm.com/post/costau-e-toll-drive-slow-underway-pics/)

Sowat 300 motors het Vrydag aan die “ry stadig”-betoging op Johannesburg se snelweë teen e-tol deelgeneem.

“Ek dink daar was sowat 300 motors. Tot dusver is dit goed. Ons doelwit was 100 en ons het dit oorskry,” het Dumisani Dakile, sekretaris van vakbondfederasie Cosatu in Gauteng, gesê. “Dit wys die vlak van ondersteuning wat ons geniet.”

Die betoging was omstreeks 12:00 op die R24 in Kempton Park.

ʼn Aantal motoriste het by die stoet aangesluit, insluitend die Southern African Catholic Bishops’ Conference(SACBC). Cosatu het die betoging gereël as protes teen die e-tolstelsel op Gauteng se snelweë.

Die stoet sal na verwagting van die R24 na die R21-noord beweeg en dan ʼn u-draai maak op die R21-suid terug na die R21, R24, N12 en die N3-suid na Katlehong, waar die versamelpunt was.

Klik hier vir ‘n video van die protes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.