300kg-staalhek val op JHB-man

‘n 57-jarige man is Vrydag ernstig beseer ná ‘n hek in Kempton Park op hom geval het.

“Die besonderhede is nog nie duidelik nie, maar die man het langs ‘n staalhek gestaan toe dit glo ontspoor en op hom geval het,” het André Visser, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici het die man onder die hek, wat sowat 300 kg weeg, aangetref.”

Die man het ‘n ernstige besering aan sy linkerbeen opgedoen en het ook vermoedelik rug- en nekbeserings opgedoen. Die man is op die toneel behandel voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.