Die brand het die naweek in Waldo Canyon ontstaan en binne twee dae meer as 6 000 hektaar verwoes voor dit Dinsdag die Mountain Shadows-gemeenskap in Colorado Springs bereik het. Die brand het oornag in grootte verdubbel en na die berge buite die stad versprei.
Intussen het die Wit Huis aangekondig dat president Barak Obama Vrydag ʼn besoek aan Colorado sal bring.
Altesame 20 reuse bosbrande woed nou gelyk buite beheer in die VSA, meestal in die weste waar versengende hitte en uiterse droogte ervaar word.
In een bosbrand in Colorado is meer as 17 000 hektaar verwoes, en in een brand in New Mexico meer as 14 000 hektaar, waarvan groot dele in natuurparke is.