32 000 vlug voor bosbrande in Colorado

'n Deel van die bosbrand in Colorado, VSA. Foto: KXRM

Meer as 32 000 inwoners van Colorado het gister gevlug voor ʼn bosbrand wat deur woongebiede geswiep het.

Die brand het die naweek in Waldo Canyon ontstaan en binne twee dae meer as 6 000 hektaar verwoes voor dit Dinsdag die Mountain Shadows-gemeenskap in Colorado Springs bereik het. Die brand het oornag in grootte verdubbel en na die berge buite die stad versprei.

Intussen het die Wit Huis aangekondig dat president Barak Obama Vrydag ʼn besoek aan Colorado sal bring.

Altesame 20 reuse bosbrande woed nou gelyk buite beheer in die VSA, meestal in die weste waar versengende hitte en uiterse droogte ervaar word.

In een bosbrand in Colorado is meer as 17 000 hektaar verwoes, en in een brand in New Mexico meer as 14 000 hektaar, waarvan groot dele in natuurparke is.

'n Woonhuis in Colorado aan die brand. Foto: theblaze.com


 

Foto: Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.