32 JHB-skoolkinders beseer ná bus bots

Die bus wat die skoolkinders vervoer het.

Altesaam 32 kinders is Maandagoggend beseer toe die skoolbus waarin hul vervoer is, noord van Johannesburg gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk in Douglasdale op die hoek van Witkoppen- en Waterfordweg plaasgevind. “Die skoolbus het sowat 100 kinders onder die ouderdom van tien vervoer. Die bestuurder het vir een of ander rede beheer oor die voertuig verloor, en die bus het die pad verlaat,” het Jackson gesê.

Die bus het in ʼn sloot langs die pad tot stilstand gekom. Al die kinders kon daarin slaag om uit die wrak te klim. Die beseerde leerlinge is na nabygeleë hospitale geneem.

Die ongeluk het verkeer in die omgewing erg vertraag.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.