33-jarige Beeld-joernalis sterf

Mandy Rossouw.

Mandy Rossouw, ʼn 33-jarige joernalis van Media24, is Maandag dood in haar woonstel in Bryanston in Johannesburg gevind.

Beeld berig Rossouw is oor die naweek in ʼn hospitaal opgeneem nadat sy krampe in haar bors gekry het. Sy is egter later weer ontslaan. ʼn Vriend het op haar liggaam afgekom nadat sy nie vir ʼn ete-afspraak opgedaag het nie. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.

Rossouw het as ʼn politieke joernalis vir Beeld gewerk. Sy was ook die internasionale korespondent vir die Media24-groep.

Tim du Plessis, hoof van die Media24-groep se Afrikaanse koerante, sê haar dood ʼn is groot verlies vir hulle almal.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.