34 dwelmmuile vasgetrek by Kaapstad-lughawe

Die polisie het 34 dwelmmuile by die Kaapstadse Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en dwelms ter waarde van R7,5 miljoen gekonfiskeer, het die Wes-Kaapse polisie Donderdag gesê.

Kapt. FC van Wyk het gesê die mees algemene dwelmmiddel wat by die lughawe gevind is, was kokaïen, tik en khat. “Khat word gewoonlik deur Somali’s ingebring wat die plante in hul bagasie versteek,” het hy gesê. “Die plante gaan gewoonlik ongemerk deur aangesien die monitors gewoonlik net na ontploffingtoestelle op soek is, en nie na dwelmmiddels nie.” Volgens Van Wyk het die polisie hul veldtog om dwelmsmokkelary stop te sit, gedurende 2011 opgeskerp. Die veldtog sluit die gebruik van narkotiese honde en polisiebeamptes wat spesiaal opgelei word om muile uit te ken, in. Dwelmhandelvoorligtingsessies aan lughawepersoneel, skole, NRO’s en kerke om die toevloei van dwelmmidels na die provinsie te laat afneem, het ook ʼn deel uitgemaak van die veldtog, het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.