35 jaar tronkstraf vir sy buurman se moord

tronkdeurʼn 24-jarige man van Douglas in die Noord-Kaap is gevonnis nadat hy sy buurman, Victor Edward Pieterse (21) vermoor het.

“Selvin Ricardean Kilanie is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord en 10 jaar vir die huisbraak,” het kapt. CM Ehlers, woordvoerder van die polisie, Woensdag gesê.

Die slagoffer en sy ma het op 23 Maart 2013 in die huis sit en televisie kyk toe Kilanie, hul buurman, deur ʼn venster toegang bekom het tot die huis en Pieterse met ʼn mes doodgesteek het.

“Die polisie het die beskuldigde deur middel van vingerafdrukke en DNS op die toneel aan die moord verbind. Die slagoffer se bloed was ook op Kilanie se T-hemp.”

Die polisie het die uitspraak verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.