35 skoolkinders in botsing beseer

35 skoolkinders is Maandagoggend beseer na twee taxi’s waarin hulle gery het, naby Lenasia, duskant Johannesburg, teen mekaar gebots het. Die ongeluk het op Nirvanarylaan plaasgevind terwyl die kinders op pad skool toe was.

“Met ons aankoms op die toneel het 37 mense, saam met die drywers, buite die wrakke gestaan. Paramedici het almal ondersoek. ʼn 8-jarige seuntjie het ʼn ernstige kopwond opgedoen en is na die Lenmed-hospitaal geneem. Die ander 36 passasiers is vir geringe en matige beserings behandel. Hulle is na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal en Leratong-hospitaal geneem vir observasie en versorging,” het Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.