350 Kersfeesbome gesteel

Die polisie in New York is op soek na ‘n dief wat met ‘n sleepwa vol Kersfeesbome weggejaag het.

John Helfer, woordvoerder vir die Sheriff se kantoor in Monroe County, het gesê die rooftog het tussen Dinsdagaand omstreeks middernag en 06:30 Woensdagoggend in Hamlin, naby Lake Ontario, plaasgevind. ‘n Boer het die polisie ontbied toe sy bakkie met ‘n 8m-sleepwa uit sy oprit gesteel is. Daar was 350 Douglas-dennebome in die sleepwa ter waarde van sowat $12 000 (bykans R100 000). Die polisie is tans op soek na die grys en swart bakkie met die woorde “Niagara Landscaping” wat op die agterflapdeur geverf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.