382 Nepalese bouers sterf met bou van sokkerstadions in Katar

Katar

Foto: Stadions Katar

Minstens 382 Nepalese, en verskeie bouwerkers aan die sokkerstadions wat vir die 2022 Sokker-wêreldbekertoernooi in Katar gebou word, is reeds dood. Baie van hulle is weens hartaanvalle dood weens die werkery in versengende hitte van tot 50 grade en meer.

Die Guardian berig dat die dodetal veel hoër is as dit wat tevore bekend gemaak, en op amptelike syfers geskoei is. Die sterftesyfer onder werkers uit Indië en Pakistan is nog nie bekend gemaak nie.

Katar kom sedert bouwerk sowat twee jaar gelede begin het, skerp onder skoot uit die geledere van arbeidsorganisasies, wat Katar daarvan beskuldig dat buitelandse werkers onder slawetoestande werk. Ongeag die hitte moet eenvoudig met die werkery voortgegaan word.

Teen September het die internasionale vakverbond, ITUC, in September verlede jaar reeds daarop aanspraak gemaak dat tot 4 000 werkers aan die stadions en verwante bouwerk omgekom het. Dié syfer blyk aangedik te wees.

Katar het sowat 1,3 miljoen buitelandse werkers.

Onlangs is bekend gemaak dat die 2022-toernooi in die Noordelike winter geskuif sal word, maar dit is later ontken en gesê ‘n finale besluit moet og geneem word. Die internasionale vakbond vir sokkerspelers het reeds ‘n beroep op sy lede gedoen om die toernooi te boikot as dit in die somer sou plaasvind. Al word die stadions self lugverkoel, sal dit spelers en hul ondersteuners buite die stadions sleg raak, aldus die vakbond.

Die wêreldbekertoernooi vind vanjaar in Brasilië plaas waar die sterftesyfer aan bouwerk formeel op vyf gestel is. Die toernooi in 2018 vind in Rusland plaas.

Bronne: The Guardian, Trouw, Daily Star

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.