4 bejaarde vroue in Bethlehem-ongeluk beseer

Foto van ER24-voertuie deur die gebruiker @gavine2009 op Twitter

Vier bejaarde vroue is Maandagmiddag ernstig beseer tydens ‘n ongeluk op die R712 naby Bethlehem.

“Die gebeure wat tot die voorval gelei het is nog vaag, maar ‘n bakkie het agterin die voertuig vasgery toe hulle wou draai,” het André Visser, woordvoerder van ER24 gesê. Die voertuig het in die rondte getol voordat dit die pad gedeeltelik verlaat en op die skouer tot stilstand gekom het. Drie van die vroue was in die voertuig vasgekeer. Paramedici moes hidroliese reddingstoerusting gebruik om hulle uit die wrak te bevry. “Die vroue is vir rug- en nekbeserings, verskeie gebreekte bene, borsbeserings en verskeie skrape en kneuswonde behandel,” het Visser bygevoeg. Die pasiënte is na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die bestuurder van die bakkie het nie enige beserings opgedoen nie. Plaaslike owerhede sal die oorsaak van die ongeluk ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.