4-jarige brand met koekkersies by dagsorgsentrum

Die 4-jarige Laylah Smidt het tweedegraadse brandwonde by ‘n dagsorgsentrum opgedoen toe sy haar verjaardagkersies wou doodblaas.

Haar ma, Cindy, is briesend nadat die dagsorgsentrum in Parow, in die Wes-Kaap, haar nie van die voorval ingelig het nie, het Die Burger Woensdag berig.

“Sy het verlede week verjaar en ek het die koek na die dagsorg gestuur. Toe sy die kersies moes doodblaas, het haar hare glo vlamgevat,” het Cindy gesê. Die sentrum het haar glo nie direk, na die voorval plaasgevind het, gekontak nie en die kind is ook nie na ʼn dokter geneem nie. Cindy het eers van die voorval te hore gekom nadat ʼn familielid Laylah by die sentrum gaan haal het. Laylah het brandwonde aan haar voorkop opgedoen en haar linker wenkbrou het geskroei.

Die hoof van die sentrum, Desiré du Toit, het die voorval bevestig. “Dit het ons almal geskok. Ek wou nog vir Cindy bel, maar als het so vinnig gebeur. Ons het ys op die wond gesit, waarna ek Laylah se lêer in my kantoor gesoek het om haar ma te kontak. Toe ek weer sien, is hier ’n familielid wat haar kom haal het,” het Du Toit gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marlene ·

Ek dink die ma wat haar dogter aan iemand anders toevertrou moenie so ‘n bohaai opskop nie. Dit kon haarself ook oorgekom het. Ek het my kinders aan niemand toevertrou nie. Nogtans is die net die Here se genade dat hul nooit iets oorgekom het nie. Ek weet van ….. ouers wat moet werk maar tree asb. net wys op.

yolande ·

Marlene, as jy so gelukkig is dat jy nie hoef te werk nie en dus nie jou kind in ‘n dagsorg to plaas nie is ek baie bly vir jou, maar almal is ongelukkig nie so gelukkig nie. ek sal wat gee om my kind self by die huis op te pas, maar ongelukkig kan ek nie. dit is dus nie ‘n keuse wat ‘n ma self maak nie, maar omstandigehede dwing jou om jou kind in iemand anders se sorg te plaas en te hoop vir die beste. die vrou in die berig blameer nie die skool of onderwysers omdat die kind gebrand het nie, maar wel die feit dat hulle haar nie laat weet het sodra dit gebeur het nie, nie die kind vir mediese sorg geneem het nie en nie iemand op die perseel gehad het wat basiese noodhulp kan doen nie. dit is deesdae baie moeilik om te besluit in watter kleuterskool jy jou kind moet plaas aangesien daar so baie voorvalle is rakende insidente by welbekende skole wat al so lank bestaan dat mens aanneem die skool is goed todat jy eendag ‘n berig in ‘n koerant lees oor die “goeie” skool. is daar ‘n vereniging/departement waar kleuterskole moet registreer, aan sekere vereiestes voldoen en gereeld geinspekteer word of kan enige iemand net eendag besluit ek wil nou ‘n kleuterskool begin en adverteer en op hulle eie aangaan?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.