4-jarige skok dood

ʼn Vierjarige seuntjie is Dinsdag in Noordwes deur ʼn beweerde onwettige elektriese verbinding doodgeskok.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, sê die kind het geskok toe hy met ʼn veiligheidshek by ‘n huis in Mmabatho gespeel het. Die seuntjie is deur die Mahikeng-nooddienste op die toneel dood verklaar.

“Na wat verneem word, het die eienaars van die huis ʼn kamer aan twee Bangladesjers verhuur. Die twee huurders het die kamer as ʼn snoepwinkel gebruik en ʼn onwettige elektriese verbinding na dié besigheid aangelê. Hulle het egter onlangs die perseel verlaat en nie weer na hul onderneming teruggekeer nie. Die eienaars van die huis het egter nie die onwettige verbinding by Eskom of die polisie aangemeld nie, en ook daarvan gebruik gemaak,” het Makau gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.