4-jarige sterf in ongeluk

Foto: ER24

ʼn 4-jarige meisie is Dinsdagaand dood na die Corsa-bakkie waarin sy gery het teen ʼn Toyota RunX by ʼn kruising in Kaapstad gebots het.

Die voorval het by die kruising van Labelle- en Old Paarlweg in die noordelike voorstede gebeur.
Die kind en die man in die bakkie is albei uit die voertuig geslinger.

“Paramedici het die kind eerste behandel, maar haar toestand het vinnig verswak. Sy is op die toneel dood verklaar,” het Andre Visser, ʼn woordvoerder van ER24, gesê.

Die man en twee mense in die Toyota is vir rug- en nekbeserings behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.