4-jarige verdrink in Klerksdorp

ʼn 4-jarige dogtertjie het Saterdag by ʼn huis in Klerksdorp verdrink.

Jeffrey Wicks, woordvoerder vir Netcare911 sê die dogtertjie is Saterdagmiddag deur ʼn familielid uit die swembad geduik. Reddingswerkers is dadelik ontbied. “Toe paramedici opdaag het die dogtertjie nie meer asemgehaal nie en hulle kon ook nie ʼn pols kry nie,” het hy gesê. Hulle het KPR toegepas, maar ten spyte van hul beste poging kon hulle haar nie red nie en is die dogtertjie met aankoms by ʼn privaathospitaal dood verklaar.

“Dit blyk dat die dogtertjie in die onbedekte swembad ingeval het en dat sy vir ʼn lang ruk in die water was sonder dat iemand daarvan geweet het. Die oorsaak van die voorval en die gebeure wat daartoe gelei het, is egter nog onseker,” het Wicks gesê. Die polisie sal die voorval ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.