Vier jong mans se dood ʼn terugslag vir bendegeweld

Die dood van vier jong mans in Ravensmead, Kaapstad, is ʼn terugslag vir pogings om bendegeweld in die gebied hok te slaan.

Maroela Media het Maandag berig Marcelino van Rooy (17), Jaydene Paul (17), Farodene van Niekerk (19) en Bradley Kaffers (21) is Maandag in die vroeë oggendure in ʼn houthuisie doodgeskiet. Hulle het almal kopwonde gehad.

Ivan Waldeck, die woordvoerder van Western Cape Outreach, het aan die Cape Times gesê twee bendes, die 26s en 28s, se lede het mekaar weer aangevat.

“Ons werk al vir meer as ʼn jaar met die 26s en 28s en daar was vrede tussen hulle van Desember tot April,” het Waldeck gesê. “Dit is ʼn groot terugslag, ons poog om vrede te bewerkstellig en moet nog uitvind wat hier gebeur het,” het hy gesê.

Volgens adjudant-offisier November Filander, ʼn polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dit is nog nie bekend wat die motief vir die moorde is nie. Die polisie ondersoek sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.