4 mense dood na skietvoorval by prokureurs in Centurion

Polisie op die toneel waar die voorval plaasgevind het. Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Man het glo vroeër vanoggend drie mense by Du Randt en Richards Prokureurs in Zwartkop, Centurion, doodgeskiet voordat hy homself geskiet het, berig LookLocal.

Die besonderhede is nog nie duidelik nie, maar volgens die polisie het die voorval tydens ʼn vergadering tussen twee prokureurs en vier kliënte plaasgevind. Twee van die mans wat die vergadering bygewoon het, is nie beseer nie. Die man en twee van sy vermeende slagoffers is op die toneel oorlede en ʼn vierde het later in die Pretoria-Oos-hospitaal beswyk. Die man was vermoedelik ʼn kliënt van die prokureursfirma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.