4 polisiebeamptes by OR Tambo gevang vir uitbuiting

Vier polisiebeamptes wat posisies by OR Tambo Internasionaal beklee is Donderdag op aanklag van uitbuiting in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

Die vier verdagtes is in hegtenis geneem na ʼn Ghanese amptenaar op 1 Januarie, nadat hy deur die doeane is, glo deur die polisie in die voorportaal voorgekeer is, het kol. Vishnu Naidoo gesê. “Die polisie het glo geëis dat hy ʼn uitnodiging aan hulle moet wys om sy besoek aan Suid-Afrika te regverdig.” Die man het toe sy paspoort en visum aan hulle voorgehou en gesê dat hy nie ʼn uitnodigingsbrief benodig nie.

“Die beamptes het toe glo USD100 van die man geëis en hom met deportasie gedreig. Beangs dat hy wel gedeporteer sou word, het die man aan hulle gesê dat hy slegs USD50 by hom het,” het Naidoo gesê. Volgens Naidoo het die polisiebeamptes toe die man beveel om die dollars in randvaluta om te skakel en dit aan hulle te oorhandig.

Die voorval is toe onder die aandag van OR Tambo se polisiebestuur gebring en ʼn ondersoek is gelas en bewyse is bekom. “Die Ghanese man is uiteindelik in Gauteng opgespoor waarna hy vroeër die week ʼn beëdigde verklaring afgelê het. “Weens die beëdigde verklaring en die bewyse wat bekom is, is ʼn sersant en drie konstabels wat poste by OR Tambo Internasionale Lughawe beklee, Donderdagoggend in hegtenis geneem. Die beamptes sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Kempton Park verksyn. “Die ondersoekspan by OR Tambo is vir hul voortdurende werk aan die voorval, ten spyte daarvan dat geen kriminele saak aanvanklik aangemeld is nie, aangeprys,” het Naidoo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.