4 sterf, 7 vasgekeer ná Ceres-bus bots

Ten minste vier mense is dood en talle beseer nadat ʼn bus Maandagoggend naby Ceres gebots het.

Die ongeluk het op ʼn pas in die Ceres-omgewing plaasgevind en dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie, berig EWN.

Kenny Africa, die hoof van die Wes-Kaapse verkeersafdeling, het aan EWN gesê die ongeluk het op die pas tussen Ceres en die Koue Bokkeveld plaasgevind.

“Sewe mense is nog in die wrak van die bus vasgekeer en paramedici is steeds op die toneel,” het Africa omstreeks 09:00 gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Seg Net ·

Elke keer as mens in ‘n voertuig klim en ry is daar die risiko van ‘n ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.