40 mense beseer in busongeluk

Ongeveer 40 mense is Sondagaand beseer toe die bus waarin hulle gereis het in Mid-Illovo, naby Durban, omgeslaan het, het paramedici gesê.

Toe die paramedici op die toneel aangekom het, het sommige mense uit die wrak geval en het oor ‘n wye gebied verspreid gelê, het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911 in ‘n verklaring gesê. Meeste van die passasiers het min tot matige beserings opgedoen, het hy gesê. André Visser, woordvoerder vir ER24 het gesê dat twee mans baie ernstige kop- en borsbeserings opgedoen het en dat hulle per helikopter na die hospitaal vervoer is. Hulle vermoed sewe mense het rug- en nekbeserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel en toe na verskeie hospitale afgevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.