Ten minste 40 mense is dood in ʼn groot aardbewing naby die Iran-Pakistan-grens.
Press TV het geen verdere besonderhede oor die omvang van skade in die plattelandse gebied verskaf nie, maar die aardbewing kon glo tot in New Delhi, Dubai en Bahrain gevoel word.
Iran se seismologiese sentrum het gesê die aardbewing, wat 7.5 op die Richterskaal gemeet het, was naby Saravan, ʼn gebied met ʼn klein hoeveelheid mense wat daar woon, sowat 48km van die Pakistan-grens af. Die Amerikaanse geologiese opname beraam die voorlopige lesing op 7.8 met ʼn diepte van 15.2km.
Sewe-en-dertig mense is minder as ʼn week gelede dood in ʼn aardbewing van 6.1 wat Iran naby Bushehr, op Iran se Persiese Golf-kus getref het.