40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam

Die hoofstraat in Swellendam Donderdagoggend Foto: Dirk Smit Havenga

Veertig mense is in hegtenis geneem in verband met gewelddadige betogings in Swellendam in die Wes-Kaap.

Nege persone is glo beseer, berig EWN. Verskeie sakeondernemings is geplunder en beskadig toe ontstelde inwoners oornag amok gemaak het. Die onrus word moontlik verbind met ʼn hofsaak wat die Demokratiese Alliansie (DA) teen opposisiepartye in die plaaslike munisipaliteit gewen het. André Traut, woordvoerder van die polisie in die Wes-Kaap, het gesê 40 verdagtes sal in die hof verskyn sodra hulle van openbare geweld aangekla is. Hy sê die situasie is steeds spanningsvol en dat polisiebeamptes is in die gebied ontplooi om wet en orde te handhaaf.

Traut sê beamptes hou ook omliggende gebiede soos Villiersdorp en Citrusdal dop, waar betogings ook aangemeld is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul Joubert ·

Volgens baie mense wat daar woon, is dit nie hoofsaaklik inwoners wat betoog het nie, maar ander mense wat van ander plekke met busse aangery is. Die polisie het deur die aand ‘n paar busse laat omdraai.

Ten minste kry Wildebraam reklame met daardie banier :)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.