43 jaar vir moord op boer

tronkhande1-320x191ʼn Plaaswerker wat skuldig bevind is aan die moord op ʼn boer van Mpumalanga is in die rondgaande hof in Nelspruit tot 43 jaar tronkstraf gevonnis.

Aaron Majawodwa Nkosi (27) het Johannes Hendrik Schoeman op 17 Desember 2010 op die plaas Vygeboom naby Badplaas vermoor en sy vrou, Güdryn (67), ontvoer. Regter Mmonoa Teffo het Nkosi as ‘n baie gewelddadige man beskryf. Nkosi se medebeskuldigde, Thomas Nyathi (30), is vroeër vrygespreek. Teffo sê Nkosi en Nyathi het saam op dieselfde plaas grootgeword. “Hulle het die Schoemans goed geken….die daad is weens hebsug en vir persoonlike gewin gepleeg.”

Güdryn het vroeër getuig dat sy die aand van die aanval omstreeks 21:00 kamer toe is. Sy het in die kamer op die tweede verdieping van die huis geslaap terwyl haar man in die kamer op die grondvloer geslaap het. Güdryn sê sy het wakker geword toe sy geruik het iets brand. Sy het verby haar man se kamer geloop en hom hoor snork. “Ek het na die kombuis geloop en gesien daar is niks fout nie. Toe ek teruggeloop het na my kamer toe het ek gesien twee mans val my man in sy kamer aan.” Een van die aanvallers het haar mond met sy hand toegedruk toe sy probeer skree het. Haar man was bewusteloos maar het steeds geleef. “Die aanvallers het geld en wapens geëis. Ek het vir hulle gesê ons het nie geld of wapens nie. Hulle het my aanhoudend met die vuis geslaan en een het ʼn geroeste mes teen my keel gehou. Een van hulle het my onderklere afgetrek om my te verkrag. Ek het na die Here geroep en Hom gevra dat hulle my nie verkrag nie. Hulle het albei aan my lyf gevat maar die Here het my van die verskriklike beproewing gered. Hulle het my nie verkrag nie.”

Güdryn sê die rowers het haar bankkaart geëis en gevra hoeveel hulle kan onttrek. Nadat sy gesê het hulle kan slegs R2 000 onttrek, het die twee mans haar man se sweetpakbaadjie gevat en hom daarmee verwurg. “Hulle het getrek…en ek het gekyk hoe sy bene op en af skop. Ek het besef hy is besig om dood te gaan,” het Schoeman getuig voor sy in trane uitgebars het. Sy sê die mans het haar later op die agterste sitplek van haar man se motor gesit en weggery. “Hulle wou my in die kattebak sit maar ek het geweier. Ek het saam met Nkosi op die agterste sitplek gesit en Nyathi het bestuur. Hy het soos ʼn maniak gery en toe ons die T-aansluiting by Machadodorp bereik het, het ek uit die motor gespring en my enkel beseer.” Sy sê twee vragmotors het verbygery terwyl sy in die pad gestaan het. Die twee mans het teruggekom en haar by ʼn wal afgegooi voor hulle haar teruggesleep het na die motor toe. Hulle het na Belfast gery waar hulle by ʼn OTM gestop het en vir haar pinnommer gevra het. Güdryn sê sy was nie seker of hulle die geld gekry het nie maar hulle het teruggekeer na die motor en na Carolina begin ry. “Ek het begin om vir Jesus te sing. Ek het vir Nkosi gesê om tot bekering te kom. Hy het my gevra hoekom Jesus toegelaat het dat beide sy ouers gesterf het. Toe ek die ligte van Carolina gesien het, het ek vir die Here gebid en gesê net ʼn ongeluk kan my nou red. Skielik het ek gehoor die voorste band is op die grondpad waarna die motor omgeslaan en gerol het.” Güdryn het uit die motor geklim en daar was twee polisiebeamptes wat haar na die hospitaal geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boere-meisie ♡ ·

Sjoe, hartroerend x x x Bless die tannie ♡ ♡ ♡

Justi ·

Ek stem Boere-meisie. Ek kan my net indink deur watter hel die dame gegaan het. Die trauma en die feit dat sy geweet het haar man is vermoor. Dank die Vader dat sy die verkragting gespaar is.

Boere-meisie ♡ ·

Ek probeer my indink en dit ruk my…. ek weet ek sou dit nie kon hanteer het nie. Vandag het die “storie” my hardegat hard laat terug val aarde toe. Ek is te klein gelowig, en gaan hiervandaan ernstig werk aan my siel en my untouchable hardegat “f-die-k@££€Rs houding” ;-) Dankie tannie !

Seg Net ·

Boere-meisie, Ek gaan ook van nou af niks negatiefs oor die regering seg nie. Ook met alles saamstem en nie die woord flaffer weer gebruik nie. Een voorwaarde???????

Waaksaam ·

HAHAHAHA …. dan sal jou comments OOK nie meer delete word nie – LOL

vuurvreters ·

Nee wat boere meisie, jys hardegat gemaak so dit sal nie help jy probeer verander nie. Buitendien geniet ek jou harde gat kommentaar. Moenie verander nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.