43 weer in tronk na kwytskelding

Die departement van korrektiewe dienste het Dinsdag bevestig dat 43 gevangenes, wie se vonnisse onlangs deur president Jacob Zuma verminder is, weer terug in die tronk is.

Zuma het in sy Vryheidsdag-toespraak of 27 April die land meegedeel dat sowat 35 000 gevangenes se tronkstraf verminder sal word. Dít sluit veroordeelde gevangenes in, asook dié op parool en onder korrektiewe toesig. Die kwytskelding, wat op 14 Mei begin het, raak sowat 20 000 mense wat op parool en onder korrektiewe toesig is en meer as 14 000 ander gevangenes.

Zuma het toe verduidelik dat die proses gedoen word om oorbevolking in tronke te verminder. Veroordeelde moordenaars, verkragters en dwelmhandelaars het nie vir die spesiale vergunning gekwalifiseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.