Sowat 44 kinders is beseer toe hulle Vrydagmiddag deur ʼn swerm bye aangeval is by die Hasiepark in Benoni.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, sê vier kinders is sover in ʼn kritieke toestand. “Paramedici en nooddienste is nog op die toneel om almal te behandel,” het hy gesê.