44 mense in Noordwes gevang

Vier-en-veertig mense is tydens ʼn misdaadvoorkomingsprogram in Noordwes in hegtenis geneem.

Brigadier Thulani Ngubane sê die klopjag is Vrydag in Mahikeng, Mmabatho, Lomanyaneng en omliggende gebiede uitgevoer. “Vier-en-veertig verdagtes is vir verskeie misdade in hegtenis geneem, insluitend die besit van gesteelde goedere, verkragting, openbare verbruik van alkohol, besit van dagga en onwettige dobbel,” het Ngubane gesê.

Klopjagte is ook by verskeie ondernemings en huise uitgevoer en voertuie is afgetrek en deursoek. Die 44 mense sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.