45 vas vir hoofweg-chaos

Dié vragmotor is vandag op die M2 naby Germiston vermoedelik deur stakende vragmotorbestuurders aan die brand gesteek. Foto: EWN

Die polisie het 45 verdagtes in hegtenis geneem nadat stakende swaarvoertuigbestuurders Donderdag amok op Johannesburgse paaie gemaak het.

Die Ekurhuleni-metropolisie het die verdagtes vir publieke geweld aangekeer.

Maroela Media het vroeër berig paaie naby die OR Tambo-lughawe moes gesluit word nadat stakers gewelddadig geraak het. Betogers het petrolbomme en klippe na verbygaande swaarvoertuie geslinger. Swaarvoertuie is ook aan die brand gesteek.

Volgens Inspekteur Kobeli Mokheseng, ʼn woordvoerder van die metropolisie, is drie mense tydens die aanvalle beseer.

Intussen het die vervoervakbond Satawu gesê hulle het afgevaardigdes na die gebied gestuur om die voorval te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.