46 olifanttande in Kaapstad opgespoor

Die polisie in die Wes-Kaap het Dinsdag by Kaapstad se Internasionale Lughawe beslag gelê op 46 olifanttande.

Twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 43 jaar oud, is deur die Valke in hegtenis geneem vir die onwettige besit van die tande. Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het die polisie ontbied nadat hulle verdagte aktiwiteit by ‘n stoor opgemerk het.

Lt.kol. André Traut sê die polisie het by nadere ondersoek 46 olifanttande in twee verskillende houers opgespoor.

Die verdagtes sal, sodra hulle formeel aangekla is, in die hof verskyn.

Die waarde van die tande sal bepaal word sodra die departement van natuurbewaring die gewig en ouderdom bepaal het.

Die polisie sal na verwagting nog mense in verband met die voorval in hegtenis neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.