49 aasvoëls vergiftig

Witrugaasvoël

Die 49 aasvoëls wat dood aangetref is op ‘n plaas in die Swartberg, KwaZulu-Natal, is vergiftig, het die Endangered Wildlife Trust (EWT) Vrydag gesê.

“Die karkasse is op 15 Julie deur ‘n vliegtuig van Ezemvelo op die plaas in die Swartberg opgemerk,” het Cobus Theron, woordvoerder vir EWT, gesê.

Die aasvoëls, sowel as ‘n paar skape, is glo deur ‘n boer vergiftig in ‘n poging om jakkalse te keer om pasgebore lammers te jag.

Theron sê toetse op die karkasse van 48 Kaapse aasvoëls en een Afrika witrugaasvoël het aangedui dat hulle dood is nadat hulle Carbofuran, ‘n plaagdoder om wurms in gewasse te beheer, ingekry het.

Twee Kaapse aasvoëls is lewend aangetref en het op behandeling reageer.

“Dit is die ergste geval van aasvoël-vergiftiging wat ek in die 12 jaar, wat ek al met roofvoëls in die omgewing werk, gesien het,” het Ben Hoffman van Raptor Rescue, gesê. Raptor Rescue is ‘n roofvoël-hospitaal wat in die African Bird of Prey Sanctuary geleë is.

Die Kaapse aasvoël word as kwesbaar beskryf, aangesien daar slegs sowat 8 000 voëls in die wild oor is. Die witrugaasvoël is ‘n bedreigde spesie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannes De Beer ·

Moet ‘n mens nie dalk vir die boer net so ‘n klein proetjie van daardie gif voer nie?

Net om hom te leer hoe dit nie gedoen behoort te word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.