5 000 BMWs in Suid-Afrika teruggetrek

Meer as 5 000 X5 en X6-BMWs word in Suid-Afrika teruggetrek weens ‘n tegniese fout.

BMW Suid-Afrika het Vrydag gesê hy gaan 5 000 luukse voertuie terugtrek weens ‘n tegniese fout.

Meer as 250 000 X5 en X6-BMW-voertuie gaan wêreldwyd teruggetrek word, berig EWN. Dit is slegs die modelle wat tussen 2006 en 2012 gebou is. Die fout kan daartoe lei dat daar ‘n gebrek aan kragstuur op die motor is wat moontlik ‘n ongeluk kan veroorsaak.

“Geen voorvalle is nog aangemeld nie,” het Guy Kilfoil, woordvoerder van BMW gesê. “Dit is hoofsaaklik X5-voertuie wat in Suid-Afrika teruggetrek word.”

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.