5 beseer toe bakkie in rivier beland

Die bakkie in die rivier Foto: ER24

Die bakkie in die rivier Foto: ER24

Vyf mans is Donderdag beseer nadat hulle uit ʼn bakkie geslinger is wat teen ʼn wal in Mtunzini, KwaZulu-Natal, afgerol het.

“Die bestuurder van die bakkie het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, gesê. “Die bakkie het omgeslaan en teen ʼn skuinste afgerol voordat dit uiteindelik in die rivier beland het.” Die ongeluk het omstreeks 18:00 plaasgevind.

Die drie mans, wat agterop die bakkie gesit het, die 40-jarige bestuurder en sy passasier is beseer.

Al die beseerdes is na die Northdale Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.