5-jarige deur Mosambiekse spoegkobra gepik

Mosambiekse spoegkobra Foto: http://wild4photographicsafaris.blogspot.com

ʼn Vyfjarige dogtertjie kan ʼn gedeelte van haar hand verloor nadat sy deur ʼn Mosambiekse spoegkobra in Lephalale in Limpopo gepik is.

Die slang het Mikayla Robbertse Maandagaand in haar bed gepik, het Beeld berig. Volgens haar ouma, Charmaine Robbertse, het die gesin Robbertse hoor gil en haar pa het na die kamer gehaas en toe die slang gesien. Haar grootouers het Robbertse na die hospitaal afgevoer terwyl haar pa, Bertus, en ʼn buurman die slang opgespoor en doodgemaak het. “Ons het geweet ons moet uitvind watter tipe slang dit is sodat die regte teengif toegedien kon word,” het die ouma gesê. Oppad na die hospitaal het Robbertse in skok in gegaan en haar liggaam het begin ruk. In een stadium, terwyl sy in die hospitaal was, het haar niere ook begin ingee. Die gesin het egter Woensdag aan die dagblad berig dat sy nou buite gevaar is en moontlik spoedig kan huis toe gaan. Sy sal moontlik verdere operasies aan haar hand benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.