Die liggaam van ʼn seuntjie wat sedert Woensdag vermis is nadat hy gaan swem het, is gister in ʼn kanaal gevind.
Simphiwe Rooibaard (5) se liggaam is omstreeks 09:00 op die plaas Bergkant in Kirkwood, in die Oos-Kaap, gevind.
Adjudant-offisier Gerda Swart het Vrydag aan die media gesê Rooibaard het vermis geraak na hy vir sy 7-jarige suster gesê het dat hy in die kanaal gaan swem.
“Polisieduikers het Woensdag die gebied gefynkam maar die soektog was onsuksesvol en moes gister hervat word.”
ʼn Lykskouing is aangevra.