5-jarige verdrink in Parkview, JHB

ʼn 5-jarige seuntjie het Saterdag by sy huis in Parkview, Johannesburg, verdrink.

Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare911, sê die seuntjie het glo in die swembad ingeval en was vir ʼn onbekende tydperk in die water voordat sy ma op hom afgekom het. Sy het hom uitgehaal en KPR op hom toegepas. Paramedici is ontbied, en hulle het ook probeer om die seuntjie by te bring, maar hy is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.