5 Tshwane-metrobeamptes gevang

Vyf beamptes van die Tshwane Metropolisie is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo omkoopgeld van ‘n dronk motoris aanvaar het.

Die verdagtes is in Mamelodi in hegtenis geneem toe hulle vir diens aangemeld het, berig EWN. Die polisie is glo ook op soek na ‘n sesde beampte wat by die voorval betrokke was. Console Tleane, woordvoerder van die Tshwane Metropolisie sê die ses beamptes het glo ‘n motoris vroeg Saterdagoggend in Garsfontein, Pretoria, afgetrek. Die motoris het glo onder die invloed van alkohol bestuur. “Pleks daarvan dat hulle hom in hegtenis geneem het, wou hulle ‘n onwettige reëling met die man tref deur hom vir omkoopgeld te vra,” het Tleane gesê. Volgens Tleane het die man nie kontant by hom gedra nie. “Die beamptes het hom glo na ‘n OTM begelei waar die man R1 000 aan hulle gegee het,” het hy bygevoeg. Die motoris het die voorval toe by die metropolisie aangemeld. Volgens Tleane is die verdagtes geskors. Die bestuur van die metropolisie ondersteun die polisie se besluit om borg teen te staan wanneer die beamptes in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.