5% van munisipaliteite kry skoon ouditverslae

Slegs 5% van munisipaliteite het skoon ouditverslae in die jaar 2011/2012 ontvang, het die Ouditeur-Generaal Maandag gesê.

Terence Nombembe, Ouditeur-Generaal, sê egter hy was opgewonde oor die ses nuwe munisipaliteite wat tot die skoonoudit-kategorie bygevoeg is, berig TimesLIVE. Die 13 munisipaliteite met skoon ouditverslae is in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga en die Wes-Kaap. Geen munisipaliteit in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noord-Kaap of Noordwes het skoon ouditverslae ontvang nie. Nombembe sê bykans die helfte (45%) het ongekwalifiseerde ouditverslae ontvang.

Hierdie munisipaliteite se ongekwalifiseerde verslae ná verbeterings tydens die ouditproses aangebring is. Van die probleme sluit aanskaffings, dienslewering en foute in finansiële inligting in. Geen van die land se metro’s het skoon oudits ontvang nie, en 13% van die munisipaliteite het nie finansiële verslae betyds ingedien nie.

Daar is tans 343 munisipaliteite in die land.

Nomembe het dié munisipaliteite wat ‘n poging aangewend het om skoon ouditverslae te ontvang, gelukgewens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.