5 vermeende renosterstropers gevang

Foto: www.rhinoconservation.org

Vyf vermeende renosterstropers is in die Noordwes-provinsie in hegtenis geneem, het die Valke Vrydag bevestig.

Beamptes het Donderdag op die groep toegeslaan ná ʼn jarelange ondersoek. Een verdagte het glo ontsnap en is steeds op vrye voet. Sedert die begin van 2012 is meer as 20 renosters reeds in Suid-Afrika gestroop. Die land het ʼn rekordaantal renosters (448) in 2011 verloor. Pelham Jones van die Privaat Renostereienaarsvereniging het die owerhede aangeprys vir die gevangeneming. “Die groep is in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om ʼn stroopaanval uit te voer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.