50 jaar tronkstraf ná herhaaldelike verkragting van kollega

Die Bangkok kriminele hof het ‘n man tot 50 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ‘n kollega verskeie kere verkrag en die video van die aanval toe op die intenet geplaas het.

Die hof het Surachai Vivatanachart (37) Vrydag skuldig bevind aan die herhaaldelike verkragting van ‘n vroulike kollega en dat hy haar daarna afgepers het met dreigemente dat hy die video gaan versprei, het die Bangkok Post berig. Die video is op 20 Augustus 2008 vrygestel nadat die slagoffer van Surachai se maatskappy, die International Detective Thailand Company, bedank het.

Surachai het vroeër ses jaar lank gevangenisstraf uitgedien nadat hy ‘n laserbeheerde M16-aanvalsgeweer in ‘n polisiestasie in Bangkok afgevuur het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.