50 skoolkinders ongedeerd ná busongeluk

Omtrent 50 skoolkinders het ‘n gewisse dood vrygespring ná hul skoolbus se remme Donderdagoggend onklaar geraak het.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die voorval in Tongaat, KwaZulu-Natal, plaasgevind. “Die bus was teen ʼn helling in die R614-pad parkeer toe dit onverwags agteruit beweeg het. Die bus het teen versperrings langs die pad gebots en teen ʼn boom tot stilstand gekom. Die boom het verhoed dat die bus teen ʼn nagenoeg 50 meter wal af tuimel,” het Botha gesê.

Twee kinders is vir geringe beserings behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ʼn Ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.